Landluisteraar
recensies
Die Burger 18 Sept. 2021
Pas nadat Carina van der Walt se Stilspraak, Strijdom van der Merwe en Landkuns op die kortlys van die kykNET-Rapportprys verskyn het, is haar jongste publikasie Landluisteraar uitgegee.
‘n Genre of versamelnaam moet nog uitgedink word vir dié bundel wat uit poësie deur haarself, toonsettings deur die pianis Mart-Marie Snyman en kunswerke van die landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe bestaan. Qr-kodes verleen toegang tot die musiek.
Volgens die uitgewer, Naledi, is Van der Walt se gedigte “soos klankstrome deur die dorre Suid-Afrikaanse landskap”, en een van die toonsettings wat uitgesonder word, is VUUR. Dit handel oor die onlangse verwoestende brand teen die hange van Tafelberg.
Elretha Britz
versindaba 8 Nov. 2021
Die keurige omslagontwerp toon ryp grassade wat ligwaarts groei vanuit ‘n groen landskap. Grassade is algemeen bekend as simbool van verganklikheid en skakel tematies met oorgawe I (p.37) en oorgawe II (p45).
In die eerste gedeelte erwe raak dit duidelik dat die verse ‘n sinestetiese wending van die visuele na die ouditiewe neem. Landluisteraar doen ‘n beroep op die leser om nie net te kyk nie, maar te luister na die landskap. In Stellenbosch (p.5) met sy ryk verwysing na voëllewe word die leser genoop om te ontwaak uit die muwwe binneshuise psygoma van laasgenoemde dorp.
Die derde deel is in trans en sinspeel op die dubbelduidige betekenisse van die meditatiewe en transendentale, asook dit wat deurskynend (transparent) is. In oorgawe I (p.37) kom gras, soos reeds genoem as simbool van verganklikheid, voor binne die konteks van ‘n man wat op sy familieplaas dans en ‘n geestelike ontwaking in ‘n “derwijstrans” beleef. In onmag I (p.38) berus die spreker haar in die weerstandlose gang van spoelklippies, ‘n mistieke manifestasie. Hierdie vers sorg vir een van die hoogtepunte in die bundel.
Vuur as leitmotief kom onder andere voor in die treffende vonds II (p.48), waardie koolstof van verbrande as – ‘n metafoor vir nuwe lewe – gejukstaposisioneer word met ‘n dodo, ‘n uitgestorwe voëlspesie. In die vyfde deel (plakkate pleisters) berig die digter onderskeidelik oor die prosesse van verwoesting en herskepping. … Die impak van menslike geweld op die natuurlike habitat word verder onder die loep geneem in wandeling (p.63) met die treffende slot “stadig verdik haar littekenweefsel / grashaartjies groei nie op pangamerke nie”. Die skade van verwoestende brande kom vervolgendes aan die beurt in wandeling (p.64) en ring van vuur (p.65). Landluisteraar gee ‘n tong aan die aarde wat vertel van die verwoesting wat sy moet verduur, verse wat aansluit by die Antroposeen.
In die tweede laaste deel genaamd appèlle intensiviseer die sosial kritiek en sit die digter haar intertekstuele spel met Van der Merwe se konsepsketse voort. In hoe Eybers & Tutu kyk (p.77) maak Van der Walt sélf ‘n kameevertoning… Die ironie in dié vers bevestig dat landgenote met die koms van demokrasie ironies “minder” geword het; meer ingeperk, meer selfbewus. Die slotgedeelte onder die noemer as bevat die vers vuur vuur (p.83) wat aan die leser gebied word as “aangewaaide woorde van Adam Zagajewski uit Krakau”. Die bundel sluit op ‘n hoogtepunt met hierdie vertaling.
Van der Walt sorg vir ‘n ryk geskakeerde bundel waarin beide digter en kunstenaar “saampraat” om die sosiale en ekologiese uitdagings van die dag aan te pak. Landluisteraar is, alles in ag genome, ‘n bevredigende debuut en verrykende leeservaring waarby ‘n wye gehoor aanklank sal vind.
Nini Bennett
Lees verder
Brabant Cultureel / Brabant Literair 27 dec. 2021
De taal waarin Carina van der Walt opgroeide is een directe verwant van het Nederlands en is zeker in geschreven vorm voor Nederlanders goed verstaanbaar. … Fries lezen is lastiger dan Afrikaans lezen.
De gedichten in Landluisteraar spelen met klanken op een associatieve manier die doet denken aan Paul van Ostaijen of – Tilburger – Antony Kok. Ook de beelden zijn speels, wat de gedichten soms aan kinderversjes doet denken. Niet in de zin van kinderachtig, maar lichtvoetig en toch bedachtzaam.
Als “ekfrasis” suggereert dat Van der Walt gedichten maakt bij bestaande beelden dan lijkt mij dat een vergissing. Er is spraken van ‘inspiratie door’, of ‘reflectie op’, maar dat is veel meer dan een poging om zo mooi mogelijk op te schrijven wat je ziet of ervaart. … Ik mis als Nederlandse lezer waarschijnlijk nog veel van de associaties die in de bundel besloten liggen, maar het is duidelijk dat deze gedichten veel meer zijn dan ‘praatjes bij plaatjes’. Daarvoor is het werk te authentiek.
Overigens ben ik geen voorstander van het vertalen van gedichten uit het Afrikaans in het Nederlands. Daarmee offeren we de klanken van het origineel op. Met af en toe een greep naar een woordenboek daalt voor lezers van goede wil de vrede op aarde. Geluk ligt in overgave.
Lauran Toorians
Lees verder